David Easton

David Easton
Gebore(1917-06-24)24 Junie 1917
Sterf19 Julie 2014 (op 97)
NasionaliteitVlag van Kanada Kanada
BeroepPolitiese wetenskaplike
Bekend virPolitieke stelselteorie

David Easton (24 Junie 191719 Julie 2014) was 'n Kanadeesgebore Amerikaanse politieke wetenskaplike. Easton, wat in Toronto, Ontario gebore is, immigreer in 1943 na die Verenigde State. Van 1947-1997 was hy 'n professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Chicago.

Easton was aan die voorpunt van beide die behavioristiese en post-behavioristiese revolusies in die politieke wetenskap dissipline gedurende die 1950's en 1970's. Hy het die dissipline se mees gebruikte definisie van politiek naamlik dat politiek die gesaghebbende toewysing van waardes in die samelewing is, geformuleer. Hy is ook bekend vir sy toepassing van die stelselteorie op die studie van die politieke wetenskap. Beleidsontleders het sy vyf-voudige skema gebruik om die beleidmakingsproses te bestudeer: naamlik insette, omskakeling, uitset, terugvoer en omgewing. John Gunnell argumenteer dat die konsep van "stelsel" sedert die 1950's die belangrikste teoretiese konsep was wat deur Amerikaanse politieke wetenskaplikes gebruik is. Die idee het in sosiologie en ander sosiale wetenskappe verskyn, maar dit was Easton wat gespesifiseer het hoe dit die beste toegepas kan word op gedragsnavorsing oor die politiek.

Tydens sy loopbaan het hy gedien as 'n belangrike poortwagter, as konsultant vir baie prominente organisasies en befondsingsagentskappe, en skrywer van talle invloedryke wetenskaplike publikasies. Hy het op verskeie rade en komitees gedien en was president van die American Political Science Association.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search